EHS o/15 hokkie
Die Rassie o/15 hokkie bokkies eindig hulle seisoen met koppe hoog. Tydens die Noordvaal toernooi 1-3 Augustus vir medium skole by Christian Hatfield School in Pretoria, het hulle ‘n algehele derde plek behaal. Hulle eerste wedstryd teen Randburg (laasjaar se kampioene en Wesrand 2019 se kampioene) en wen 2-1! Hierna durf hulle Hoogenout (Mpumalanga se kampioene 2019) aan en wen 2-1. Daarna speel hulle Schweizer Reneke (Noord Wes se nommer 2 van 2019) en wen 1-0. Met hierdie uitslae dring hulle deur na die kwart-eindrondte van die toernooi en kom teen Hoërskool Ben Vorster (Limpopo se kampioene!) te staan. Hierdie wedstryd wen die Rassies 1-0 en dring deur na die semi finale waar hulle teen Driehoek uitgeskakel word met telling 0-2. Driehoek het toe die toernooi gewen teen Edenvale. Hoërskool Ellisras se 0/15 hokkiespan verower die brons medalje vir 2019. Ons is baie trots op hierdie dogters en sien baie uit na die 2020 hokkieseisoen.

