Ons elkeen het ‘n droom…maar watter prys is daar op joune?
Dit is die vraag wat Happy (Teresa Derksen) vra van die Droomverkoper (Nathalie Perrier) ‘n gewetenlose wese wat links en regs drome verkwansel aan alledaagse dromers, terwyl onskuldiges die prys hiervoor moet betaal. So koop Mev Pieterse (Gontse Makholwa) haar lewensdroom van rykdom, maar dit ten koste van Aria (Dionne Viviers) wat in die proses haar droom, om ‘n beroemde musikant te word, moet prysgee. Sara (Tianca Engelbrecht), die nederige bakster, begeer haar eie baba en hierdie droom word ‘te koop’ aan haar aangebied, maar die prys sal wees dat iemand wat reeds ‘n baba het hare sal moet prysgee. Gelukkig tree Aria tussenbeide en gee vrywilliglik haar vermoë om ‘n baba te hê prys ter wille van Sara. So word die bose mag van die Droomverkoper verbreek….maar nie sonder dat iemand anders haar plek inneem nie…Happy wens immers al lankal om ‘normaal’ te wees…
Ander spelers in hierdie aangrypende stuk is:
Skaduwee 1 – Rolinda van Emmenis
Skaduwee 2 – Nicole Nel
Winston – Ikho Kweba
Cameron – Cameron Bronkhorst
Kollig 1 – Amandre Lotter
Kollig 2 – Denika Rossouw
Kollig 3 – Ivanka Viviers
Die tegniese span bestaan uit Kyle McDonald en Roelien van Vuuren en hulle ontvang ‘n spesiale vermelding tydens die Interhoërkompetisie.
Hierdie stuk is geskryf deur Mev Anita Louw en Roelien van Vuuren (Gr 11) en Mev Louw ontvang ‘n spesiale vermelding tydens die Interhoërkompetisie vir haar regie van die opvoering. Tianca Engelbrecht ontvang ‘n toekenning vir haar vertolking van ‘Sara’, met spesiale vermelding aan Teresa as ‘Happy’.
Tydens die Interhoërkompetisie op 9 Augustus, behaal die opvoering van Hoërskool Ellisras ‘n algehele derde plek, naas Ben Viljoen (1ste met Atlantis in my gedagtes’) en Hoërskool Piet Potgieter (2de met ‘Halleluja, Amen!).
Die groep neem op 24 Augustus in die Unisa Kleinteater deel aan die ATKV Tienertoneelkompetisie. Hierdie is ‘n wonderlike ervaring vir die leerders omdat hulle op ‘n ‘genuine’ verhoog optree en deelneem teen skole van regoor die land.