Ellisras se hoër, die blom van ons Waterbergland.
Deur jou streef ons altyd hoër - saam smee ons die toekomsband
En in gees van volksverlede reik ons steeds na mooier doel
Bly dit altyd deur ons bede - nasietrots en eergevoel.
So staan ons vasberade, ons reik elkaar die hand
In ons geliefde Bosveld, vir die opbou van ons land.
Ellisras se hoër, jou naam is en bly ons trots
Op ons lewenspad na vore – ons skool op vaste rots
Heil’ge Woord geliefde volk - is vervat in onse doel
vurig brand die jeug van geesdrif,
terwyl ons voorwaarts woel.
So staan ons vasberade, ons reik elkaar die hand
In ons geliefde Bosveld, vir die opbou van ons land.