Ons skoolsaal is 'n ruimte wat dien as die middelpunt vir verskeie geestelike, akademiese, kulturele, en sosiale aktiwiteite.
Ons swembad is 'n lewendige area vir wateraktiwiteite in 'n verkwikkende omgewing.
Ons Snoepie bied ‘n uitgebreide spyskaart om ook die honger en dors te kan stil tydens ‘n besige en energieke skooldag.
Ons Gimnasium bied 'n aktiewe ruimte vir leerders om hul fisieke welstand en fiksheid te verbeter.
Ons Rekenaarsentrums is ‘n medium om leerders toe te rus met noodsaaklike vaardighede vir dinamiese tegnologiese vooruitgang wat ons daagliks beleef.
Ons Sportvelde ‘baan’ die weg vir atlete om hulle potensiaal te ontgin.