'n Jaar gevul met leer, lag, en onvergeetlike oomblikke!
Ons graad 8-leerders gaan verskeie geleenthede geniet, insluitend 'n Graad 8 konsert, inklok- en tydkapsuleseremonie, sokkies en sportdae.
Gr.8 Informasie
Laat daar nie gesȇ word dat die Rassies nie romanties is nie!
Hierdie funksie gee aan die Rassies die geleentheid om ‘n formele funksie te kombineer met ‘n heerlike ervaring van vriendskap en samesyn!
Met die aanloop tot die Bosveld Interhoër brand die geesvangvure hoog!
Die Rassies vang gees en trek volgens verskeie opwindende (en snaakse!) temas aan. Lekker sportsang op die pawiljoen berei ons voor vir die jaarlikse Interhoër sangkompetisie.
Die meer energieke, talentvolle en, ja uitbundige!, leerders kry die geleentheid om as dirigente verkies te word met die doel om Hoërskool Ellisras voor die sangpawiljoen te lei en so ook ons atletiekspan te ondersteun.
Ons sosiale geleenthede skep 'n lewendige en samehorige atmosfeer.
Leerders bou blywende vriendskappe tydens sokkies, 'n geesweek, Valentynsvieringe en verskeie ander sosiale byeenkomste.