Ontdek ons skoolwaardes.
Raak vertroud met ons skoollied.
Verken ons moderne fasiliteite.
Hierdie skool het mettertyd doodgeloop weens die moeilike omstandighede van daardie tyd — maar in 1934 ontstaan 'n "tweemanskooltjie", die Waterkloof Skool, ongeveer 400 m suid van Ellisras Hotel.
Hierdie skool het tot by standerd ses gegaan.
Die inskrywingsyfer het vinnig gestyg en 'n hout- en sinkklaskamer, asook 'n tentlokaal, is opgerig.
In Januarie 1942 begin die skool met 'n leerlingtal van 105. Alles het net vlot begin verloop, toe 'n groot storm losbars en die tentlokaal wegwaai.
In Julie 1947 kom die Waterkloof se Sentrale Skool tot stand wat ook net tot standerd ses gaan. Dit is die huidige Ellisras Laerskool.
Op 18 Julie 1952 vergader die skool-komitee van bogenoemde skool om die moontlikheid van "Middelbare Onderwys" te bespreek, en in 1958 word hierdie ideaal verwesenlik en staan die skool bekend as Waterkloof Groep II Skool.
In 1965 word JP de Beer as waarnemende hoof aangestel.
Intussen is die Hoërskool se geboue vanaf 1 Mei 1963 deur Capital Construction gebou.
Met die opening van die skole in Januarie 1966, is die geboue voltooi en die skool kon betrek word asook JP de Beer word as hoof aangestel.
Januarie 1969 word PJC van Dyk die volgende hoof en word daar begin met die intensiewe beywering vir sportvelde.
In Augustus 1981 word daar goed gevorder met die aanbou van huise vir Eskom-werkers.
'n Merkbare tendens is konstante tot stygende getalle — vir Augustus is 360 leerlinge 'n duidelike styging.
Vandag staan Ellisras Hoërskool onder leiding van mnr. Louis Campbell en spog die skool met verskeie prestasies op plaaslike, provinsiale en nasionale gebied.
In 2018, nadat mnr. Campell aftree, word mnr. Adriaan Joubert aangestel en staan die skool weer op die drumpel van 'n nuwe omwenteling en 'n nuwe toekoms.