Die Rassies Klokseremonie is 'n tradisie:
Elke graad 8-leerder begin die reis by Hoërskool Ellisras as ‘n ‘Assie’ – dis reg, sonder die ‘R’.
Aan die einde van die oriënteringsprogram verwerf elke Assies uiteindelik sy/haar ‘R’ om dan as ‘n volwaardige Rassie
hul plek vol te staan by Hoërskool Ellisras. Die inklokseremonie is die viering van hierdie mylpaal.
Vanaf 2024 word die Tydkapsule-seremonie vir Gr 8-leerders ingewy. Vir die ‘Klas van 2028’ sal
die tydkapsule ‘n terugblik bied van hierdie spesiale oomblik aan die einde van hulle skoolloopbaan.
Aan die einde van ons Matrikulante se reis word hierdie spesiale geleentheid weer herleef wanneer hulle
die klok lui as simbool van hulle ‘uitklok’ uit hul Hoërskoolloopbane.
Dit word gevolg deur ‘n spesiale graad 12 kerkdiens ter ere van God se genade oor ons Matrikulante
se skoolloopbane en die gebed vir ‘n suksesvolle komende eindeksamen.