Dit is geen geheim dat Hoërskool Ellisras oor die afgelope vyf jaar nie net die beste atlete opgelewer het nie, maar ook die titel van Bosveldinterhoërwenners vyf jaar in ‘n ry verwerf het.
Die Bosveld Interhoër is een van die hoogtepunte op die Rassies se sportkalender en is ‘n viering van vaardigheid, spanwerk en die ontembare gees van jong atlete.
Hierdie opwindende vriendskaplike mededinging tussen skole van regoor die streek, ontvlam 'n gees van sportmanskap en gesonde mededinging.